Spring Exhibition

Só vier Creative Arts Atelier die nuwe seisoen met kuns, samesyn en wyn by die openingsaand van ons Lente Uitstalling op Maandag, 9 September.

Die Lente Uitstalling is ’n jaarlikse instelling waar ons graag spog en erkenning gee aan ons talentvolle kunsonderwysers en studente en aan hulle die blootstelling gee wat hulle verdien. Ons leuse is “Growing Artists” en ons kan sonder twyfel sê dat ons kreatiewe boom hierdie jaar besonderse mooi bloeisels dra.

Kom ondersteun ons plaaslike kunstenaars deur ons uitstalling te besoek en selfs ’n kunswerk of twee aan te koop. Die uitstalling vind hierdie jaar plaas by die Ipic Aurora Sentrum tot en met 26 September.